Tuesday, 27 September 2016

GEEN SIMPATIE VIR JESUS SE WONDE NIE?!

Ps 69 Zeal for your house consumes me, and the mockeries of those who insult you fall on me.20  Insults broke my heart. I despaired and looked for sympathy; but there was none, for comforters, but I found none.
21  They put poison in my food, in my thirst they forced me to drink vinegar.
Joh1:10  He was in the world, and the world was made through him. Yet the world did not recognize him.
11  He came to his own creation, yet his own people did not receive him.
Lees dit net soos dit sê en SELA.
Die Woord v God is waar en is letterlik vervul. Ween daaroor!!
Jesus word verteer deur ywer dat Hy / God in ons harte kan woon en het ALLES opgeoffer daarvoor en na Sy skepping gekom.
Elke afjak en ongehoorsaamheid teen GOD val pynlik en geweldadig op Hom - wond Hom -vanaf Adam tot vandag. Hy is die Lam v God wat geslag is vanaf die grondlegging vd skepping - en tot aan d einde steeds. As vars geslagde Lam het Johannes Hom in d hemel ook gesien.
Aan die kruis het Hy op een tydstip in die geskiedenis fisies toegelaat dat almal se sondes op Hom val en Hom verbrysel en kom wys HOE erg dit Hom pynig - vanaf die begin tot nou.
Hy soek meegevoel en simpatie dat mense sou stop, Hom en ons VADER sou ontvang, volkome gehoorsaam sou wees en Hom verdedig, MAAR VIND NIEMAND NIE, maar steeds houe en spykers - en is vermoor deur Sy eie kinders! En NIEMAND WEEN NIE!
O, die onreg, boosheid en gruwel van die mensdom - ons almal!!
En dis waar tot vandag toe. Hy voel steeds moordende pyn van sonde maar NIEMAND simpatiseer of vertroos of verdedig Hom nie. Inteendeel, vir almal voel Hy niks nie. Hulle aanbid 'n koue dooie klipgod wat gevoelloos is as GOD verag en verwerp word deur die sonde van Sy eie kinders!
Ag, as my oë maar riviere van trane kon ween!!
Sag 12:10 -13-9 is ook waar. As ons die HEILIGE GEES van GOD ontvang wat ons smeek om op te kyk na HOM vir wie ons deurboor en ons ween bitterlik oor wat ONS EN ONS MENSE HOM aangedoen het, dit bely en ons bekeer, DAN maak Hy die fontein van Sy bloed oop en vergewe reinig en verlos ons van alle sonde en maak ons regverdig en heilig dat ons d koningkryk v God kan ingaan en God kan sien. Sonder 'n heilige lewe gaan ons GOD nooit sien nie. Hy wat sonde doen het Hom nie gesien en nie geken nie.
As ons dit nie doen nie, weerstaan en sondig ons teen die HEILIGE GEES van GOD. Dan sal ons nooit vergewe kan word nie.
Esegiël 9 is ook waar. As ons so ween oor HOM en oor die boosheid wat Sy lewe / bloed stort en gestort het, kry ons 'n merk van God op ons voorhoof en die doodsengel van God gaan ons in genade verby!!  Almal, jonk en oud, wat nie ween en nie die merk het nie, word genadeloos doodgeslaan, beginnende in die huis van God, die kerke!!
Maar wie glo nog hierdie woorde van God? Ook niemand nie. Bv. 30- 40 kinders word ELKE DAG in Nasionale Hospitaal VERMOOR en al vir 19 jaar!! En wat aan die geringste gedoen word, word aan HOM gedoen!! Wie en watter kerk glo dit en ween regtig daaroor? INDERDAAD NIEMAND NIE.
Bv. Byna almal het onlangs vir partye gestem wat GOD SE WOORD openlik teenstaan en verwerp.
DIS WAAR - GEEN SIMPATIE OF GEWEEN  VIR JESUS SE WONDE NIE.
Durf ons HOM vir simpatie en reën vra in die lig van bg.? Dalk is die droogte Sy swaard omdat NIEMAND WEEN oor bg. nie.
SELA en ween bitterlik.... Dalk is daar nog genade.... ek kan 2Kron 7:14 waar word.

No comments:

Post a Comment