JESUS GEKRUISIG – DIE KRAG EN
WYSHEID VAN GOD.
Gisteraand 25/5 toe ek gaan
slaap en vanmôre toe ek wakker word, openbaar God weer opnuut en akuut aan my
die volgende.
GOD, ONS VADER
GOD is ‘n ware VADER, heilig,
regverdig, liefdevol, net goed, rein, voel ook soos ons pa’s oor ons kinders,
ens. Hy is jaloers op ons liefde, eer, respek, aanbidding, gehoorsaamheid, ens.
Hy kan sonde nie aanskou en
verdra nie.
As ons sonde doen en eerder na
Satan en self luister of eerder Satan, self en die wêreld liefhet, ervaar Hy
geweldige deurborende, krenkende, verbryselende en dodende pyn. Daardeur word
Hy doodgemaak in ons harte en lewens.
Hy het toe self aarde gekom en
deur die vervulling van die Skrifte, sy kragte en wonders kom bewys dat dit HY
is. Jesus Christus was Sy Eniggeborene wat in sy boesem IS. Hy en die Vader is
EEN.
Hy het toegelaat dat die mensdom
Hom in hulle hande neem en met Hom doen soos hulle wil en dat al hulle sondes
op Hom val en Hom pynig, wond en deurboor en vermoor – soos dit in elk geval
aan Sy hart en Gees en hulle naaste gedoen het. Wat ons aan die geringste
gedoen het, het ons aan HOM gedoen. As ons Sy Woord breek, breek ons HOM. Nou
kan ons almal self SIEN met ons menslike en vleeslike oë en VERSTAAN wat sonde
waarlik is en aan Hom doen.
Om ons terug te wen van ons
liefde vir sonde, self, die wêreldse afgode en Satan – anders gaan ons almal
hel toe. Die loon van ELKE SONDE is die doodstraf omdat dit GOD martel en
vermoor in ons harte. Om sonde in die vlees totaal en volkome te veroordeel en
sonder enige verskoning te laat.
As ons met diepe berou erken en
bely dat elke sonde dit aan Hom doen en Hom laat bloei en sterf het- en ons
daarvan bekeer, sal Hy ons vergewe, verlos, reinig, was, vrymaak van daardie
sonde en as ons dit volhardend en getrou doen, sal Hy ons volkome verlos,
reinig, regverdig en heilig maak deur ons met SY EIE HEILIGE GEES te vul. Dan
is ons WARE KINDERS VAN GOD, UIT HOM GEBORE, WAT NIE SONDE DOEN NIE en nie MEER
KAN DOEN NIE m.a.w. ons KAN net nie meer met sonde aangaan nie. Dit MOET STOP!!
As ons aanhou met sonde, of dit
verskoon, ignoreer en nie met ware diepe berou erken dat ons Jesus deurboor en
gemartel en vermoor het met elke sonde nie en ons nie bekeer nie, SAL ONS
SKULDIG BLY AAN DIE LIGGAAM EN BLOED VAN JESUS EN ‘N EWIGHEID IN DIE HEL
DAARVOOR BOET. Sonder ‘n heilige lewe sal ons Hom aanhou deurboor en sal ons
Hom nie sien nie.
As jy ‘n oor het wat kan hoor,
LUISTER TOG ASB!
Faan
No comments:
Post a Comment