DIE KRUIS VAN JESUS CHRISTUS EN DIE VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES.
Liewe Vriend,
Luister na die Woord van God uit die volgende gedeeltes:
“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.”
“I was hurt / broken / crushed by their adulterous hearts, which turned away from me, and by their eyes, which lusted after idols. They will hate themselves for the evil and disgusting things that they have done.”
“Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis; en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.”
As God se skepsele en eie kinders Hom nie volkome liefhet nie, Hom ongehoorsaam is en teen Hom sondig, grief en krenk dit God geweldig en dit veroorsaak berou, groot smart en verbryseling van Sy hart. Hy is ons Vader en ons is na Sy gelykenis geskape. Hy voel ook as Vader bittere pyn in sy hart as sy kinders eerder na die Satan luister as na Hom.
God het toe sy hart, sy enigste geliefde Seun wat in die boesem van die Vader is, aarde toe gestuur om God se wil, genade, liefde, krag en waarheid te kom illustreer. Toe Jesus sy werk voltooi het, het Hy homself oorgegee in die hande van ons almal - die mense , heidene, sondaars , ouderlinge, skrifgeleerdes en owerpriesters - dat hulle /ons aan Hom doen wat ons wil . Al ons smaadhede en sonde teen God het op Jesus geval. Hy het ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra , . Ons sonde het Hom deurboor en verbrysel. Aan die kruis van Jesus sien ons sonde duidelik voor ons oë en wat sonde waarlik is en doen. Dit vermoor Hom!So het Jesus sy Vader se deurboorde, gebroke en verbryselde hart weens sonde duidelik aan ons kom illustreer, bekend en sigbaar maak.
God het deur die profeet Saggaria gesê:
“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind. In die dag sal die rouklaag groot wees in Jerusalem… en die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; …Al die ander geslagte – elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. In dié dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
Nou kom die Heilige Gees vol van genade en met smekinge na jou, elke keer as jy sonde doen, en smeek jou om op te kyk na Hom vir wie jy deurboor het met daardie sonde en om bitterlik te rou en te ween oor wat jou sonde Hom aangedoen het, want Jesus het al jou sonde in sy liggaam aan die kruis gedra.12 Wat jy aan die geringste gedoen het, het jy aan Hom gedoen. As jy God se Woord breek, breek jy ook vir Jesus, want die Woord het vlees geword. Elkeen van jou sondes pynig en grief die hart van jou eie liefdevolle Vader, dit deurboor en verbrysel Jesus Christus, en dit bedroef en blus die Heilige Gees van God uit! Die Heilige Gees van genade smeek jou daarom om Jesus / Hulle ontwil - en om jou eie ontwil - om op te kyk na Hom vir wie jy deurboor en jou te bekeer en te stop met jou sondes, want Hy ly bitterlik daardeur en jy gaan in die ewige hel daarvoor betaal as jy daarmee aangaan!!
Jesus het ons sonde so in sy liggaam kom dra, “sodat ons die sonde kan afsterwe / kan stop daarmee en vir die geregtigheid kan lewe” en om sonde total te veroordeel en sonder enige verskoning te laat. Dit was presies die boodskap van die Heilige Gees op en na Pinkster. Dit het hulle diep in die harte getref, hulle het hul bekeer toe hulle dit besef en so het God hulle gereinig en gevul met die HEILIGE Gees. Sonde het gestop en selfs ‘n leuen is met die dood gestraf!
O, vriend kyk tog op na Hom vir wie jy deurboor met elke sonde en rou en ween bitterlik oor Hom. Stop en bekeer jou daarvan dat jy genade mag ontvang. As jy dit nie sien nie, kyk en kyk en kyk weer totdat jy dit sien en besef en die bittere berou ervaar oor wat elkeen van jou sonde Jesus aangedoen het. Dan, in genade op genade belowe God dat Hy jou sal vergewe - as jy ware berou het, jou sondes en skuld teen Jesus bely en jou bekeer daarvan en dit alles regmaak met Jesus en jou naaste. Meer nog, Hy sal jou dan ook was, reinig en verlos van jou sondes met die bloed van Jesus wat jy bely jy gestort het. In nog groter genade sal Hy jou ook genees deur die wonde wat jy in ware berou en geween bely jy deur jou sondes gemaak het. O, sy oneindige genade!
Dan sal jy Jesus baie liefhê, want Hy vir wie baie vergewe is, het baie lief.
Deur dit te doen, gehoorsaam en ontvang jy die Heilige Gees. Dan open God daardie stroom van Jesus se bloed wat kragtig vloei teen sonde en onreinheid, en wat die afgode, valse profete en onreine geeste uit jou hart uitdryf. Op díé dag word die swakste soos David en Dawid soos God / Jesus. So word jy verlos en gereinig van elke sonde deur Sy bloed en word jy vervul en vol gemaak met God se Heilige Gees en met die Here Jesus self. So ontvang jy die gawe van die Heilige Gees wat God belowe het aan die wat Hom gehoorsaam is en kan jy ‘n heilige lewe lewe waarsonder jy God nie sal sien nie.
So reinig die bloed van Jesus jou van elke en alle sonde en maak jou regverdig en heilig. As jy dit volhardend glo en aan God gehoorsaam bly, skenk Hy jou ook hierdie wonderlike beloftes uit sy groot genade en liefde – terwyl jy die doodstraf verdien het! O, Sy groot liefde en genade! Hoe sal ons ontvlug as ons dit verag?
As jy egter die Heilige Gees weerstaan en teen Hom sondig deur nie op te kyk na en in berou te ween oor Jesus vir wie jy met elke sonde deurboor nie, sondig jy teen die Heilige Gees en jy bly skuldig aan die liggaam en bloed van Jesus. Dan is daar geen vergifnis of verlossing van daardie sonde moontlik nie. Sonder die erkenning en belydenis in diepe berou van die bloedvergieting van Jesus deur elke sonde, is daar ook geen vergifnis of verlossing van daardie sonde nie. Die fontein van Jesus se bloed gaan nie vir jou oop nie en daar is geen ander manier om verlos en gereinig te word nie. Al die afgode, valse profete en onreine geeste word dan ook nie deur God uitgedrywe nie, jy bly ‘n slaaf van sonde en hou aan sondig - al wil jy nie meer sondig nie. Die woord van God is baie duidelik dat jy nie hemel toe sal gaan as jy aanhou sondig nie. Moet jouself nie bedrieg nie en laat niemand jou hieroor bedrieg nie. Sonder ‘n heilige lewe gaan jy God nie sien nie. Geen ongelowige, gruwelike, moordenaar, hoereerder, afgodedienaar, leuenaar of onreine sal die hemel ingaan nie en niemand mag iets van hierdie woorde in Openbaring byvoeg of wegneem nie.
As jy egter getrou doen wat die Heilige Gees jou leer, sal God doen wat Hy sê Hy sal doen. Dan sal jy uiteindelik ervaar God bewaar jou van struikeling en stel jou sonder gebrek (faultless) voor Hom met gejuig (exceeding joy)! Dan lewe jy ‘n heilige lewe en die bose het geen vat op jou nie. En die heilige bly steeds heilig en die regverdige bly steeds regverdig. Sulke mense, wat die gebooie van God so doen, het reg op die boom van die lewe en om in te gaan deur die poorte van die hemelse stad. Dan sal jy nou al en in die hemel kan uitroep en sing: “… Jesus Christus… Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas / verlos / vrygemaak het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.” Dit alles doen Jesus vir ons deur sy bloed en kruis alleen.
AMEN!
Met liefde vir Jesus Christus.
Verwysings:
Gen 6:5-6
Eseg 6:9
Ps. 78:40-41
Joh 1:18
Joh. 1:18 verklaar = declared / revealed / made known / made clear
Matt. 17:22-23; 21:33-46. Mark. 9:31; 12:1-12, Luk. 9:44; 20:9-18.
Matt. 26:45, Mark. 14:41, Luk. 18:32-33; 24:7
Matt. 20:18-19, Mark. 8:31; 10:33-34, Luk. 9:22; 24:20
Matt. 17:12, Mark. 9:12-13,
Ps. 69:10 & Rom 15:3
1 Pet. 2:24, Joh 1:29. wegneem = arron in Gr. = wegdra. Ook soos in Lev. 16:21-22, Hebr. 9:28 en 1Joh.3:5.
Rom 4:25 Jesus… wat oorgelewer is as gevolg van / deur (Gr. dia) ons misdade
Jes. 53:5 Korrekte Hebreeus is: Maar Hy is deur / as gevolg van ons oortredinge deurboor, deur / as gevolg van ons ongeregtighede is Hy verbrysel. Sien Gesenius’s Hebrew Chaldee Lexicon to the Old Testament, Strong’s no. 4480 (e). Al die voorafgaande pas hierby in. Jes 53:12, Jes 53:11 (skuld is “iniquities” = sonde)
2 Kor. 5:21, Gal 3:1
Joh 1:18 verklaar = declared / revealed / made known / made clear; 14:7, 9
Sagg 12:10 - 13:2
Matt. 25:40 & 45
Joh. 1:14;
Efes 4:30, 1Thess 5:19
1Pet 2:24
Rom.8:3
Hand. 2:22-23, 36; 3:13-19; 4:10-11; 7:52.
Hand. 5:1-11
1 Joh 1:9, Matt. 5:23-24
1 Joh 1:7
1Pet. 2:24, Jes. 53:5
Luk 7:47
Sagg 13:1&2
Sagg 12:8
Efes. 3:19; 4:13
Hand 5:32
Hebr. 12:14
1 Joh 1:7
Rom. 3-5; Hebr. 3-5
1Kor. 11:27
Hand 7:51, Efes 4:30, 1Thess 5:19, Matt 12:32, Mark 3:29, Luk 12:10
Hebr. 9:22 (sien Ampl. Gr. Aphesis = vergifnis en verlossing
Open 21:27; Gal. 5:19-21, 1Kor 6:9-10; Kol 3:5-6; Efes. 5:5
Hebr. 12:14
Open. 21:8 & 27
Open. 22:18-19
Judas 1:24-25
1Joh 5:18
Open 22:11
Open 22:14
Open 1:5-6
Matt. 26:28; Hand. 20:28; Rom. 3:25; 5:9; 1Kor. 1:18; Efes. 1:7; 2:13-16; Kol. 1:20-22; Hebr. 1:3; 9:12,14,22; 10:10, 14, 19, 22; 13:12, 20-21(sien KJV); 1Pet.1:18-19; Open. 1:5-6; 5:9-10; 7:14; 12:11.
No comments:
Post a Comment