VERHOUDINGS, TROU, SKEI en SEKS.
Hierdie is een van die heel
belangrikste sake en probleme in ons harte en samelewing.
Verhoudings, buitehuwelikse
seks, ontrouheid, owerspel, egskeidings, geweldige pyn aan kinders en families
en seksuele siektes is geweldig algemeen in die samelewing en selfs in die kerk
vandag. Daar is dus baie groot fout. Ons Vader en Skepper het egter ‘n
duidelike weg en antwoord. Meeste mense vat dit ongelukkig nie, daarom al die
pyn en ellende. Maar elkeen wat dit aanneem, sal baie gespaar word - soos met
alle ander aspekte van die lewe as ons God se wil bo ons eie of ons tradisies
stel.
Ons MOET soek en uitvind wat
die Bybel ons leer en nie net volg wat tradisie of mense ons geleer het nie.
Tradisie maak die woord van God kragteloos en is meestal verkeerd.
DIE BELANGRIKSTE:
God is ons Vader en Skepper.
Hy is reg, regverdig, rein en heilig en het nog nooit gelieg of ‘n fout gemaak
nie. Hy het ons geweldig lief en al sy woorde is goed en reg vir ons en is
bedoel om ons te seën Jer. 29:11. As ons ons nie daaraan steur nie en dit
verwerp en eerder na die slang, leuenaar, dief en moordenaar luister,
veroorsaak dit geweldige jaloesie, pyn, wonde en smart in ons Vader se hart.
Dit verbrysel Hom Eseg.6:9. Dit bedroef Sy Gees. Dit blus sy Gees uit. Jesus
het hierdie sondes in sy liggaam aan die kruis gedra om ons te toon hoe pynlik
sonde vir hom is en hoe dit Hom deurboor en martel. Dit het Hom vermoor. Daaom
MOET ons ons elkeen bekeer en met sonde stop en Hom gehoorsaam wees en reg
doen. 1Pet. 2:24. Dan belowe Hy dat Hy ons sal vergewe en reining.
Die een wat aangaan om Hom
ongehoorsaam te wees en om Hom so te wond en te martel met sy sonde, sal vir
ewig in die hel brand en betaal vir elke druppel van Sy bloed en vir elke wond
wat sy sonde gemaak het. Ongelukkig is byna die hele mensdom in hierdie groep.
As jy nie een van die wil wees nie, luister, ondersoek en doen wat hieronder
staan. Dit is harde woorde, maar die waarheid. Moet dit nie summier verwerp
nie.
1. VERKEERDE LERING.
Jy sal uit wat volg duidelik
sien dat ons baie verkeerd geleer is deur meeste kerke, ons tradisies en deur die samelewing. Ons is selfs geleer en
toegelaat direk TEEN wat God beveel het. Dit is as gevolg hiervan dat daar soveel
probleme en siektes in die mensdom is. God is heilig en reg. Doen eerder Sy wil
volkome. Dit is baie makliker as ongehoorsaamheid en omgekeerd. Jy sal dit self
ondervind.
2. KYK EN BEGEER
God het deur Jesus Christus
gesê: “Maar ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer,
reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. As jou oog jou dan laat
struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat
een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.” Matt.
5:28-29. Ons MAG NIE eers na ‘n vrou KYK EN BEGEER nie. Nog minder “date,” vat,
soen en vry nie. God verbied dit. Ons moet liewer die oog uitpluk wat dit doen.
Moet nie vir God sê dat dit
onmoontlik is nie. Onthou HY weet alles en Hy is reg. Hy weet wat goed is vir
jou. Jy moet doen wat HY sê. Dit is moeilik en vir die mens uit sy eie
onmoontlik, maar God kan jou hart en gedagtes so wonderlik reinig en verander,
dat jy kan doen wat Hy sê. Vra liewer vergifnis en verlossing van jou sondes en
dat hy jou so verlos en reinig dat jy nie meer kyk en begeer en sondig nie.
Paulus sê dit is goed vir ‘n
man om ‘n vrou nie aan te raak nie. 1Kor. 7:1. Jy mag nie eers met jou oog aan
haar vat en begeer nie. Dus nog minder mag jy met jou hand aan haar vat en
begeer nie. Verwerp dit en jy verwerp die hemel want egbrekers gaan nie die
hemel ingaan nie.
Sien jy hoe verkeerd ons
geleer is? Moet nie na die mense en tradisies luister en Jesus verwerp nie. Glo
en gehoorsaam Jesus eerder. Hy het nét waarheid gepraat en nét Hy praat die
waarheid.
Onthou dat die hart baie
bedrieglik en verleibaar is. Moet nie jou hart glo of vertrou nie. Spr. 4:23,
Jer.17:9. Gehoorsaam God en Jesus. Hy sal jou reg lei.
Liefde (verlief wees) vir die
ander geslag en fisiese verhoudings soos paartjies buite die huwelik is WELLUS,
sensueel, seksueel = LUST = passionate
lust 1Thess. 4:5 = cravings of sinful man 1Joh.2:16.
Jongmense moet VLUG van
hierdie begeertes. 2Tim.2:22. Hulle moet die ou mens aflê wat ten gronde gaan
deur die begeerlikede van die verleiding (deceitful lusts) Efes.4:22-24. Ons
moet hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes, ens. doodmaak Kol.3:5.
Ons mag geen voorsorg maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie
Rom.13:14. As ons Jesus liefhet, sal ons Hom gehoorsaam Joh14:15. As ons Hom
ongehoorsaam is, het ons Hom nie lief nie. Dus haat ons Hom en as ons iemand
haat, maak ons hom dood. Ongehoorsaamheid vermoor Jesus.
Moet nie na enigiets kyk wat
jou begeerlikhede opwakker nie, bv. tydskrifte, TV, Videos, films ens. nie. As
jy dit toelaat, is jy op ‘n pad wat jou gaan besoedel en verongeluk.
Beklee jouself BEHOORLIK met
beskeidenheid en ingetoënheid sonder allerhande haarvlegtery, goud en kosbare
klere nie, maar met “godliness” (1Pet.3:3, 1Tim.2:9) sodat jy nie ‘n
struikelblok vir jouself en vir die ander geslag is nie. As jy so aantrek dat
die ander na jou moet kyk en jou begeer, het jy klaar gestruikel in jou hart en
gedagtes en jy laat die ander struikel. Jesus sê dit is dan beter dat jy met ‘n
klip om jou nek in die see gegooi word en versuip. As jy verleidelik aantrek,
sal jy vleeslike en sondige mense aanlok. Hulle sal jou net smart aandoen.
Luister wat God sê. Hy weet baie beter as jy.
Onthou ‘n persoon wat jou
begeertes aantrek en verlok, is uit die wêreld en nie uit God nie 1Joh.2:15-16.
Slegs God gee ons ware liefde
(agapé) deur gehoorsaamheid aan Hom. Dit is die vrug van Sy Gees in ons harte.
Dit is selfopofferende liefde t.w.v. God en die ander een. Ons sal liewer ly as
om teen God of ‘n ander mens te sondig. As ons dit nie het nie, het ons ‘n
duiwelse gees.
Die vrug van die vlees is
owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, ens. Die wat dit doen sal die
koninkryk van God nie beërwe nie Gal. 5:19-21.
Ware liefde is lankmoedig,
soek nie sy eie belang nie, is nie trots en opgeblase nie, handel nie
onwelvoeglik nie, is nie bly saam met die ongeregtigheid nie en doen nie
ongeregtigheid nie. 1Kor.13. Ware liefde sal doen wat reg is soos God sê.
Behandel jonger meisies soos
susters in “ALLE REINHEID (absolute purity)” 1Tim.5:2.
As jy as jongmens te skaam is
om te lewe soos die Bybel leer, sal Jesus Hom vir jou skaam in die oordeelsdag
Mark.8:38.
As jy as kind wil hê dit moet
goed met jou gaan, moet jy jou ouers eer in die Here (Efes.6:1-3) – ook hierin.
Hulle is deur God daargestel oor jou en vir jou beswil. Hulle sien en weet
meestal as jy verkeerd gaan. As jy dit verwerp, vra jy vir ‘n slegte en
ongelukkige lewe.
As jy as ouer wil hê dat dit
goed moet gaan met jou kind, sorg dat hy jou eer in die Here. As jy hom toelaat
om jou nie te eer nie, laat jy toe dat ‘n slegte lewe oor hom kom.
As ons gewetes skuldig is en
ons pla, moet ons weet dat God meer weet en ons oordeel is erger. 1Joh. 3:20.
Kyk na Isak en Jakob se
voorbeeld. Lees die boek “I Kissed
Dating Goodbye” en “Boy meats Girl” van
Joshua Harris. Dit sal alles nog duideliker maak.
Onthou weer, God, ons Vader
bedoel alles so goed en in volkome liefde vir jou. As jy dit verwerp, deurboor
en verbrysel jy sy hart en jy kruisig Jesus weer. Jou skuld is dus veel erger
as net jou sonde.
3. SY VROU AANKLEEF
“Daarom sal die man sy vader en moeder
verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” Gen.2:24.
Matt. 19:5. L.W. ‘n Man mag net SY VROU aankleef. ‘n Man mag nie eers na ‘n
vrou / meisie KYK en begeer nie, en dus geensins een aankleef voor die huwelik
of met haar seks hê nie – tensy hulle getroud is nie. As jy dit verwerp, sal jy
jou eie lewe met baie smart en elende belaai.
4. EEN VLEES WORD
“Daarom sal die man sy vader
en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” Gen. 2:24.
“Om hierdie rede sal die
man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een
vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan
saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” Matt.19. Hulle word voor God EEN
VLEES as hulle gemeenskap het. L.W. Hy mag net SY VROU aankleef en een vlees
met haar word.
“Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer
aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een
vlees wees.” 1Kor.6:16. Selfs met ‘n hoer word die twee een vlees, of
hulle getroud is of nie.
God sê dat twee EEN VLEES
WORD met seks. Twee mense ruil hulle
liggame uit en neem en gee hulle diepste en intiemste. Hulle word waarlik
versmelt in liggaam en siel. As hulle dit gedoen het, sê God, is hulle EEN
VLEES en GEEN MENS mag hulle nou weer skei nie. God verklaar hulle dus
PERMANENT EEN VLEES. Hulle moet dan lewenslank aan mekaar getrou wees. As hulle
nie trou nie of skei, mag hulle nie weer trou solank die ander een nog lewe
nie. Matt. 19. Rom 7:2-3.
Hulle kan nie en mag ook nie
weer een vlees word met ‘n ander een nie. Iemand mag dus ook nie trou met een
wat EEN VLEES met iemand anders was nie.
As hulle dit doen is dit egbreuk en hoerery.
As twee wat een vlees geword
het tog skei, verskeur hulle hulself middeldeur en dit gaan altyd gepaard met
geweldige geweld, konflik, smart, pyn, lyding, wonde, ellende, verlange,
eensaamheid, littekens, skuldgevoelens, ens. en vir lewenslank. Daarom het God
gesê dat GEEN MENS hulle MAG SKEI NIE. Slegs i.g.v. hoerery, mag hulle skei
want dan het die ontrou een sy maat alreeds verskeur en afgeskeur om een vlees
met ‘n ander een te word. Dit is gruwelike sonde voor God.
Hierdie is uiters krities,
ernstig en belangrik. Weens ongehoorsaamheid hieraan gaan dit in die wêreld
soos dit gaan. Enigeen wat God liefhet, sal Hom hierin gehoorsaam wees. Verwerp
dit en jy verdoem jouself. Daar is vergifnis as ons gesondig het, maar ons kan
dan nie daarna die woord van God gaan breek nie.
Met verkragting is ‘n meisie
onskuldig as sy in die stad geskreeu het. Deut. 22.
5. TROU REG:
In die lig van bg. is dit
absoluut belangrik om reg te lewe en reg te trou. As jy bg. onthou en daarby
hou, sal dit wees omdat jy God as jou God, Vader en Koning aanvaar het en Hom
daarom in alles wil gehoorsaam. Dan sal Hy jou ook lei om in reinheid te trou
volgens Sy wil. Adam het nie vrou gesoek nie. Hy het geslaap en God het Eva na
Hom gebring.
As jy Hom egter hierin
verwerp, sal jy mislei word en probleme optel so ver soos jy gaan.
Trou was so ‘n ernstige saak
dat die dissipels gesê het dat dit beter is om nie te trou nie, en Jesus het
dit toegegee want nie almal kan of wil Sy standaard vat nie. As ons nie God se
woorde hieroor vat nie, sal ons in sonde trou en sal dit sleg met ons gaan. Dan
sou dit beter gewees het om nie te trou nie. Matt. 19.
God het deur Moses beveel: ‘n
Meisie moet as ‘n maagd trou. As sy nie ‘n maagd is by troue nie, is sy
gestenig. As ‘n getroude buite die
huwelik gemeenskap het, moet altwee sterwe. As ‘n verloofde meisie gemeenskap
het, moet altwee sterwe. As sy verkrag is, moet die man sterwe. Deut.22:13-30.
Een wat Moses se wet ongehoorsaam was, moes so sterf, maar die een wat Jesus
ongehoorsaam is, sal veel swaarder gestraf word. Hebr. 10:28-31; 12:25.
Ons het NET EEN geleentheid
om te trou en dan is dit vir lewenslank want GEEN MENS MAG twee mense wat een
vlees geword het ooit skei nie. Matt.19:6. So, ons MOET God se wil soek en vind
en reg trou.
“Laat die huwelik in alle
opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders
en egbreekers oordeel” Hebr. 13:4.
Ons mag net “in die Here
trou” 1Kor.7:39. 2Kor. 6:14. Buite sy wil is alles wat ons doen onrein.
God en Jesus is ons
bruidegom. Ons is Sy bruid. God is ons Man. Jer. 31:32 KJV, Jer. 16:32. Ons mag
nie dat iemand anders tussen ons kom en maak dat ons Hom ontrou en ongehoorsaam
word nie. God is ‘n jaloerse God en verterende vuur.
God het vir ons ‘n man of
vrou in gedagte – na Sy wil. As ons volgens ons vlees lewe en ‘n ander een aanhang en trou as wat God wil, sondig
ons. Ons mag net “in die Here trou.” 1Kor. 7:39.
Paulus het ‘n goddelike
jaloersheid oor ons om ons aan een man te verbind en ons as ‘n reine maagd aan
Christus voor te stel 2Kor.12:2-3. Ons moet soos ‘n reine maagd teenoor Jesus
wees en so trou.
6. EGSKEIDING:
In die lig van bg. is dit
reeds duidelik dat ons NOOIT mag skei nie behalwe omrede van hoerery.
“Want EK HAAT EGSKEIDING.”
Mal.2:15. Ons MAG NIE doen wat God haat
nie. Weens egskeiding word die huise en land met geweld vervul. Egskeiding is
geweldadig pynlik op almal betrokke en is geweldadig op die kinders Mal.
2:15-16.
“Maar ek sê vir julle dat elkeen
wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk
pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.” Matt: 5:32.
“En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak
het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie
rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee
sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat
God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. …. Hy antwoord hulle: Omdat
Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue
te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. Maar Ek sê vir julle,
elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg
egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. Matt.19:4-9.
Om te skei is egbreuk. GEEN
MENS MAG getroudes SKEI nie. Die mense, magistrate en regters wat dit doen,
oortree teen God en is skuldig en veroordeel.
Iemand wat skei, pleeg
egbreuk / owerspel en geen egbreeker sal in die hemel ingaan nie. Lev.20:10;
1Kor.6:9; Hebr. 13:4; Open.2:22.
As ‘n ongelowige in ‘n
huwelik wil skei, dan kan die gelowige die ander een laat skei t.w.v. vrede,
maar dan mag hulle nie weer trou nie. 1Kor. 7:10-15. Die wat weer trou pleeg
egbreuk.
7. ONTROUHEID / OWERSPEL EN HOERERY:
Slegs i.g.v. ontrouheid mag
hulle skei. Sien bo.
‘n Vrou wat in die OT
beskuldig is van ontrouheid aan haar man, is ou ontbinde altaar bloed gegee om
te drink. As sy skuldig was, moes dit haar vergiftig en doodmaak. As sy
onskuldig was, moes dit haar reinig en swanger laat word. Num5:11-31. Een wat
Moses se wet ongehoorsaam was, moes so sterf, maar die een wat Jesus
ongehoorsaam is, sal veel swaarder gestraf word. Hebr. 10:28-31;12:25
Vir die vrou by die put het
Jesus gesê: “Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie; want jy het vyf mans
gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid
gesê.” Joh.4:17-18. Wat sou sy moes doen as sy haar hier bekeer het? Dis
nie haar man met wie sy nou bly nie. So, dit mag nie aangaan nie. Sy het 5 mans
gehad. Na wie moet sy teruggaan? Na nie een nie, sy sou alleen moes bly en
ophou sonde doen.
Vir die vrou in owerspel
betrap in Johannes 8 het Jesus gesê: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen
en sondig nie meer nie.” Joh. 8:11. As Jesus haar nie veroordeel het nie,
beteken dit sy het alreeds haar sonde bely en haar daarvan bekeer. As sy
getroud was, moes sy teruggaan na haar man (as hy haar sal terugneem na so ‘n
daad) en sy moet ophou met owerspel. As sy ongetroud was, sou sy moes ophou om
met getroude mans owerspel te pleeg. As sy egter sou aangaan met haar sonde,
sou sy veroordeel wees volgens die Skrif.
8. SKEI EN WEER TROU:
Die ongehoorsames luister nie
na God nie, maar ons verkondig nietemin wat God beveel – ter getruienis van God
en dat die gehoorsames gehelp kan word. As een hom egter in enige stadium
bekeer, moet hy van dan af God se wil ernstig soek en doen volgens wat die
Skrif sê. Hy mag nie nou doen wat Skrif die onbekeerde verbied nie.
“En aan die getroudes
beveel ek – nie ek nie maar die Here –
dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy
ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet
verstoot nie.” 1Kor. 7:10-11.
Mar_6:17-18 Want Herodes self het gestuur en Johannes
gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van
Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het. Want Johannes het aan Herodes
gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie. Matt. 14:3; Luk
3:19.
Dit is hieruit en uit die
voorafgaande duidelik dat geskeides geensins weer mag trou nie, en dat iemand ook nie met ‘n geskeide mag
trou nie, behalwe as die ander een gesterwe het. Matt 5:31-32, 19-1-12. Rom.
7:2-3. Wee die pastore en predikante wat dit doen en mense laat dink dit is vir
God aanvaarbaar. Hulle is medepligtig en aandadig aan egbreuk en aan oortreding
teen God. Hulle gee goedkeuring aan die wat God se gebod breek en is
veroordeel.
9. DIE ROL VAN BEKERING EN VERGIFNIS.
Johannes die Doper het vir
Herodus gesê dat dit hom nie geoorloof is om sy broer se vrou te neem nie. As
die wet vir ‘n onbekeerde geld, geld dit sekerlik meer vir iemand wat nou tot
bekering gekom het en God se wil volkome wil doen. Verander bekering en
vergifnis enigiets hieraan? Nee, gladnie. Die wet bly. Jesus het nie gekom om die wet te ontbind
sodat ons dit nou maar mag breek nie. Gladnie en inteendeel.
As iemand seks gehad het en
dan tot bekering kom en sy sondes word
vergewe, mag hy dán ‘n ander vrou neem? NEE, gladnie. Waarom sal sy bekering
hom nou magtig om nou te doen wat die onbekeerde nie mag doen nie? Hy bekeer
hom mos juis om nou God se wil te doen. Verder het hy een vlees geword met ‘n
ander een. ‘n Mens kan net een keer een vlees word. Daarna is alle seks met ‘n
ander egbreuk en hoerery behalwe as die lewensmaat gesterf het.
10. SAMEVATTING:
Volgens die Woord van God het
ons net EEN kans in ons lewe om met net EEN persoon EEN VLEES te word. Dit mag
net in die huwelik wees. Selfs al trou hulle nie, het hulle een vlees geword.
GEEN MENS mag dan skei wat God so saamgevoeg het nie, behalwe oor hoerery van die ander een. Hulle mag nie met
‘n ander een weer trou en weer een vlees word nie.
Die dissipels het die erns
besef en gesê dat dit dan beter is om nie te trou nie. Toe sê Jesus: “Almal
vat hierdie woord nie, maar net die aan wie dit gegee is. Want …….. en daar is
persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die
hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.” Matt.19:11-12. Meeste verwerp
wat Jesus sê. Maar as jy bereid is om Hom te gehoorsaam, so swaar as wat dit
mag wees, vat dit, dit is tot jou beswil. Waar aangedui, maak jouself onbekwaam
om te trou t.w.v. die wil van jou Vader.
Dis dalk swaar, maar as jy
jou kruis opneem en Hom volg, is jy Sy dissipel. As jy jou lewe t.w.v. Sy woord
neerlê, sal jy ware lewe vind. Omgekeerd is ook waar. Baie moes al tussen lewe
en dood kies t.w.v. Jesus. Ons staan elkeen voor daardie keuse in verkillende
vorme. Kies Jesus se wil bo jou eie lewe en begeertes. Hy kan baie beter vir
jou doen as wat jy ooit met jou beste planne en verstand vir jouself kan doen.
Dit is ook duidelik dat bg.
VIGS en seksuele siektes heeltemal sal voorkom. Mense wat dit aanvaar en
daarvolgens lewe, het die heel beste geleeentheid om in reinheid te trou en
lewenslank gelukkig getroud te bly en om dieselfde vir hulle kinders te leer en
te bied.
Ons almal het gesondig. Die
een in bg. die ander in ander opsigte. Jesus is gewond en vermoor deur ons
sondes. As ons egter ons skuld aan die pyn, bloed en wonde van Jesus en ons
naaste erken en bely en ware berou het en restitusie doen, kan ons genadiglik
vergewe word. Jesus kan ons dan ook deur sy bloed reinig van alle sonde sodat
ons sonde kan stop dat ons nou reg en regverdig kan leef. Hy kan ons van struikeling bewaar dat ons
daagliks sonder gebrek, vlek of rimpel voor Hom kan leef en dat ons eendag op
die oordeelsdag so voor Hom met gejuig kan staan. Halleluja. Amen (=Laat dit so
wees). 1Pet. 2:24, Matt.5:24, 1Joh.1:7-9, Jud:24, Efes.5:27.
Vir die wat aangaan om op Sy
bloed wat hulle sou reinig, te trap deur sonde, wag die ewige oordeel en vuur.
Amen. (So sal dit wees).
Mag die reddende genade van
God aan almal verskyn.
U broer in Christus
Faan Oosthuizen. sdoosthuizen@xsinet.co.za
No comments:
Post a Comment